Fris, fiks en vlugvoetig het die Oakdalers die o/17 7’s-toernooie aangepak!
Met skitterende spel op George dring hulle deur na die finaal waar hulle teen Langenhoven Gimnasium te staan kom. In ? vurige stryd klop hulle Langenhoven 31-21. Om as beste 7’s-span in SWD uit die stryd te tree moes die Oakdalers vernuf en brute krag aan die dag lê.
Met die bekendmaking van die SWD 7’s-span was dit geen verrassing toe daar agt Oakdalers in die span van twaalf vir die o/17-toernooi in Potchefstroom ingesluit is nie.
Tino Singe, Alwich van der Linde, Ashwin Botha, Sybrand van Dyk, Vernon Paulo, Mickél Stemmet, Keaton Busch en Creflo Witbooi vertrek reeds Woensdag 28 September vir deelname aan die interprovinsiale 7’s-toernooi.
Foto: Oakdale 7’s-span
Agter: v.l.n.r. Kaylim Cordier, Hendrik Victor, Lukas Holtzhauzen (afrigter), Matthew Stephens, Ashwin Botha, Vernon Paulo, Tino Singe, Bladen Hector, Neil Francis (spanbestuurder) en Adriaan Jansen (hulpafrigter).
Voor v.l.n.r. Creflo Witbooi, Kevin de Kock, Corbin Cronje, Sybrand van Dyk, Keaton Busch, Mickél Stemmet en Alwich van der Linde.