Die Oakdale-ondersteunersklub, bestaande uit ouers vanaf George-, Mosselbaai-, Oudtshoorn- en Knysna-omgewing bied jaarliks twee projekte aan om fondse vir die skool in te samel. Die Vleesbaai 4×4 is reeds gedurende Augustus aangebied en die Oakdale-skuurdans op Vrydag 14 September.
Die hoofborg van die Skuurdans word oor jare heen waargeneem deur Lancewood. Afgesien van Lancewood is baie ander instansies en individue ook as donateurs betrokke.
? Baie suksesvolle skuurdans met 625 gaste is vanjaar in die Van Greunens se 4 Brothers-skuur naby George aangebied. Die osbraai het bygedra tot die uniekheid van die ete, maar was dit die genotvolle samesyn van gaste van regoor die Suid-Kaap, wat tot die sukses van die aand bygedra het.
Die Hoër Landbouskool Oakdale betoon dank aan alle gaste, borge en donateurs, maar veral die Oakdale-ouers en bestuur van die Oakdale-ondersteunersklub vir harde werk, puik organisasie, lojaliteit en passievolle betrokkenheid by die skool. Die bestuur is mnr. Christie van Greunen en mevv. Eone de Villiers en Ineke Goosen.
Die Ondersteunersklub het vanjaar met hierdie twee projekte ? bedrag van R229 894 vir die skool ingevorder. Oakdale sê baie dankie en baie geluk.
Foto: Ondersteunersdans
Jannie Meyer het die 220 kg os vir die geleentheid gespit.
v.l.n.r: Alwyn Pretorius (Lancewood) saam met lede van die Oakdale-ondersteunersklub se bestuur Eone de Villiers, Lollie du Toit, Ineke Goosen en Christie van Greunen.
Become a Sponsor









