Andrie Swart, Zanell Warner, Elizmarie Solomon en Christiaan Schabort, uitblinker hokkiespelers van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is na afloop van ‘n hele paar stresvolle proewe in Edenspanne opgeneem.
Andrie, Zanell en Elizmarie is in die o/18A-span opgeneem en Christiaan gaan die o/14A-span verteenwoordig. Die o/18’s neem vanaf 22 – 30 Junie aan ‘n Interprovinsiale toernooi te Pietermaritzburg deel en Christiaan neem deel vanaf 1 – 4 Julie te Bloemfontein.
Op die foto verskyn vlnr: Zanell Warner, Elizmarie Solomon, Andrie Swart en Christiaan Schabort
Become a Sponsor









