Vyf van Hoërskool Langenhoven van Riversdal se skuts het op Dinsdag, 1 Mei aan die SAARA Eden-kompetisie deelgeneem en mooi presteer.
Die skuts het die volgende prestasies behaal: Johanné van der Vyfer (twee goue medaljes en het voldoen aan haar eerste vereiste om vir haar WP-kleure te kwalifiseer).
Conrad Smalberger (twee silwermedaljes), Anouska Fouché (‘n silwer- en goue medalje), Cyrilene Coetzee (silwer- en bronsmedalje) en Bernita Struwig ‘n goue- en silwermedalje.
Die Dasse is trots op hul skuts
Op die foto verskyn die skyfskietspan van links: Conrad Smalberger, Johanné van der Vyfer, Anouska Fouché, Cyrilene Coetzee en Bernita Struwig.