Mariechen Goedhals, ‘n graad 10-leerder en Carla Conradie, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het puik presteer tydens die Suid-Afrikaanse Saalperdkampioenskappe te Bloemfontein, wat vanaf 2 – 5 Mei plaasgevind het.
Mariechen is die reserwe-kampioen in die siertuig klas vir drywers 18 jaar en onder. Sy behaal ‘n derde plek in die vyfgang ruiterkunsklas vir ruiters 18 jaar en onder en ‘n agste plek in die vyfgang kinderryperdklas vir ruiters 16 jaar en onder. Carla behaal ‘n eerste plek in die vyfgang kinderryperdklas vir ruiters 16 jaar en onder.
Die Dasse is trots op hul ruiters!