Marlé van Wyk, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is gekies om die Protea-span vir fisies gestremde leerders te verteenwoordig. Sy sal in Desember aan ‘n internasionale byeenkoms in Botswana aan 400m, 200m en 100m deelneem. Sy verteenwoordig nie net die skool nie, maar gesiggestremdes in die hele Suid-Afrika!
Die Dasse is baie trots op Marlé!