)

Paarl Gimnasium lewer wenners op: Jean de Villiers

Schools That Rock publiseer kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.

Paarl Gimnasium is bekend daarvoor dat talle oud-leerders, na skool, uitgestyg het in die lewe!

Jean De Villiers het gematrikuleer by Paarl Gimnasium, ‘n skool wat al verskeie groot rugbyspelers opgelewer het. Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse sewes-span. Hier speel hy ‘n belangrike rol in die spanne wat tweede in die Wêreld-Sewesreeks van 2001/02 en derde in die 2002 Statebondspele geëindig het. In 2002 speel hy sy eerste internasionale 15-man wedstryd in die onder-21 Rugbywêreldbeker. Tydens die toernooi druk hy vier drieë vir die Junior Bokke. Jean was Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.

Hy het sy eerste toets op seniorvlak teen Frankryk in Marseille gespeel, maar doen ‘n ernstige knie-besering in die eerste vyf minute van die wedstryd op. Na sy herstel speel hy ‘n belangrike rol in die Bokke se “Renaissance van 2004”, wat hulle ‘n onverwagte oorwinning in die Drienasies-reeks daardie jaar besorg. Beide de Villiers en sy spanmaat van Paarl Gimnasium, Joubert, druk elk drie drieë tydens dié wedstryd.

Hy wen die Rugbywêreldbeker 2007 as deel van die Suid-Afrikaanse span, maar doen ‘n besering op tydens die eerste wedstryd en het nie verder aan die toernooi deelgeneem nie. In 2009 wen hy sy tweede Drienasies-reeks saam met die Suid-Afrikaanse span. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Paarl Gimnasium eer jou, Jean!


Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal