PRG se o/15 Tennisspanne het uitstekend gedoen by die Gemengde Toernooi vir die 5de jaar in ‘n ry. Baie geluk aan die o/15 Paul Roos tennisspelers wat Donderdag en Vrydag aan Hoërskool Stellenbosch se Gemengde o/15 Toernooi vir 2018 deelgeneem het. Twee PRG spanne het saam met hul buurskole, Bloemhof en Rhenish High deelgeneem.
Die PRG A span was verteenwoordig deur die volgende Graad 9 tennisspelers: Daniel Beukes, Gordon Morrison en Heinrich Terblanche. Hierdie spelers het saam met Bloemhof gespeel.
Die PRG B span was verteenwoordig deur die volgende Graad 8 tennisspelers: Sebastiano Sola, Max Kleber en Ruan Liebenberg. Hierdie span het saam met die dogters van Rhenish deelgeneem.
Die PRG / Bloemhof span het naelskraap 2de geëindig na Paarl Boishaai en Hoër Meisieskool Paarl. Die PRG / Rhenish span het algeheel 3de ge-ëindig.
Die finale posisies, nadat al die skole teen mekaar gespeel het, was as volg:
1. Hoër Meisieskool Paarl en Paarl Boishaai
2. Paul Roos Gimnasium en Bloemhof Hoërskool
3. Paul Roos Gimnasium en Rhenish High School
4. Paarl Gimnasium
5. Stellenbosch Hoërskool
Die Bloemhof span was verteenwoordig deur Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp
Die Rhenish span was verteenwoordig deur Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart
Baie geluk aan die o/15 Spanne!!
Foto heel bo: vlnr agter: Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp en Jonathan Edmund (Bloemhof)
Vlnr voor: Heinrich Terblanche, Gordon Morrison en Daniel Beukes
Foto bo: vlnr agter: Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart
Vlnr voor: Max Kleber, Ruan Liebenberg en Sebastiano Sola