)

Hoërskool Strand Rugby by Brackenfell Sportdag

Eerste rugbyspan in aksie 

Die eerste rugbywedstryde van die seisoen by die Brackenfell Sportdag, het groot opwinding onder die afrigters en spelers opgelewer.

Die o.14’s se debuut in hul hoërskool-rugbyloopbaan het ‘n goeie oorwinning van 17-0 oor Hoërskool Milnerton opgelewer – en dit met nuwe rugbystewels wat nog ingespeel moet word!

Daarna het die o.15’s ook teen Hoërskool Milnerton gespeel. Die manne het baie goeie veggees gewys, maar ongelukkig die wedstryd 15-7 verloor.

Die o.16’s het Vrydag die laaste wedstryd teen ‘n baie fisieke en groot span van Hoërskool Milnerton gespeel en met 19-7 geseëvier!

Die o.19A-span het Saterdag teen Hoërskool Durbanville gespeel. Strand het glad-nie teruggestaan nie en dit vir Durbanville baie moeilik gemaak. Al het die span die wedstryd verloor, was dit hoë gehalte rugby wat net afrondingswerk kortkom.

Die naweek se wedstryde het getoon dat daar na ‘n goeie seisoen uitgesien kan word!

O.14 span
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal