Die Arende se O.19A-rugbyspan het Saterdag – in hul splinternuwe rugbytruie – die dag by Boland Landbou se jaarlikse rugbydag aangepak.
Die eerste wedstryd teen Hoërskool Milnerton is ongelukkig na drie minute in die tweede helfte gestaak, aangesien een van die opponente ‘n ernstige kopbesering opgedoen het. Die wedstryd het met 5 elk geëindig.
In die tweede wedstryd – teen Paarl Gimnasium se B-span – het die Arende hul harte uitgespeel – dat die stof letterlik gestaan het – maar ongelukkig was die opponent te sterk.
Foto’s verskaf