)

Arend Toutrekspan verwerf WP-Kleure

Die WP/ Wynland Junior Toutrekkampioenskap wat die afgelope Saterdag by Hoƫrskool Westcliff aangebied is, het beslis vir baie opwinding en drama gesorg. Daar was bykans 200 spanne en daar is intens meegeding vir WP- en Wynlandkleure, asook die gesogte medaljes wat op die spel was.

Met die hitte wat al hoe feller geraak het, het HoĆ«rskool Strand se 520kg gemengde span op die veld gegaan en van meet af beĆÆndruk met hul ritme en krag.Ā  Hulle het vir groot opwinding gesorg toe hulle aangewys is as die beste WP-span en ā€˜n algehele derde plek verwerf het. Die Arende se B-span was die verrassing van die dag toe hulle menige ander A-span in die grond getrek het en algeheel vierde geĆ«indig het – ā€˜n uitstekende prestasie!

Die dag het besonder ā€œstadigā€ begin, maar momentum opgebou toe die Arende se 440kg meisies uitstekend gevaar het en ā€˜n welverdiende brons medalje verower het. Hierdie jong spannetjie moet in die toekoms dopgehou word, want hulle bars uit hul nate met potensiaal. Dit was ook verblydend om te sien hoe intens die res van die Arend-toutrekatlete hul spanmaats aangemoedig het. Dit was waarlik ā€˜n ondervinding vir die nuwe trekkers om te kon deel in hierdie ervaring.

Hoƫrskool Strand kan baie trots wees op die gees en sportmanskap wat hul 43 toutrekkers uitgestraal het. Hulle was en is ware ambassadeurs vir die skool en vir die Helderberg!

Nou verskuif die klem na die laaste twee weke se harde en gefokuste voorbereiding vir die taai SA Junior Toutrekkampioenskap wat oor twee weke in Worcester plaasvind.Ā  Die Helderberggemeenskap wens die afrigters, toutrek-atlete en hul ouers net die beste toe met hul deelname aan hierdie laaste kampetisie!

Riaan Nowers

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – HoĆ«rskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. HoĆ«rskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoĆ« en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en HoĆ«rskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal