Tydens die eerste gewigsafdeling van die afgelope Saterdag se toutrekkompetisie, gehou te Worcester Gimnasium, het Hoƫrskool Strand se 480kg-meisiespan die vuur aan die brand gesteek en gewys waarom hul die span is om dop te hou!
Trek na trek het hul skitterend saamgewerk en met hul tegniek en fiksheid beĆÆndruk. Hulle was ongelukkig om in die drie-trek finaal te verloor maar het ān welverdiende tweede plek verower.Ā Daardeur was hulle die beste span in die WP en was hul ook die meisiespan wat nĆ³g die beste vir HoĆ«rskool Strand, asook in die Helderberg, gevorder het. Hierdie span is nou vol gees en gemotiveerd om nog verder groter skole se dogterspanne skrik te maak.
Al die ander Arend-spanne het ook goeie rekenskap van hulself gegee met veral die 520kg gemengde span wat soos verlede week pragtig getrek het, maar wat op ān tegniese punt nie die finale rondtes kon maak nie.
Soos altyd was dit ān belewenis om 188 spanne te sien deelneem en was die dag soos voorheen heerlik om by te woon vir beide toutrek-atlete asook ouers en ondersteuners.Ā Hierdie jaar het die WP-spanne gewys dat toutrek plaaslik baie kompeterend teenoor die Wynlandspanne is en gaan wees. Die opbou na die komende WP/Wynland Junior Kampioenskap beloof om baie verrrassings op te lewer.
Arend-toutrek groei en is gesond!Ā Belangstellendes is meer as welkom om Dinsdae en Donderdae te kom saam oefen vanaf 18:00 tot 19:30.