Links is Juan Neethling en regs is Nicky-Leeze de Wet saam met die gasspreker Wimpy van der Sandt op beide foto’s.
By die onlangse Sport Ondersteuners Klub (SOK) , Gala-aand van 2019, was Hoërskool Brackenfell weer trots op hul talentvolle sportsterre. Nicky-Leeze de Wet is as die Sportvrou van die jaar aangewys terwyl Stephan Fourie as Sportman van 2019 aangewys is. Annique Louw is aangewys as die Veelsydigste Sportvrou van 2019 en Juan Neethling as die Veelsydigste Sportman van die jaar.
Die gasspreker van die aand was Wimpy van der Sandt.
Namens die SOK en Hoërskool Brackenfell wens ons hierdie leerders baie geluk met hul besondere sportprestasies.