Ons eie Justin Beck (graad 12) toer vanjaar na Amsterdam. Hy vorm deel van die “Puntfest Invitational Cricket Team” en is bloot op meriete gekies om deel van die span te wees. Hy vertrek op 24 Junie en kom weer 4 Julie huis toe. Hy gaan drie wedstryde teen plaaslike spanne speel en gaan ook ‘n krieketkliniek bywoon. Justin is as Krieketspeler van die Jaar vir 2018 by DF aangewys (en het ook as kaptein vir die span gedien) en ons is bly dat ander mense ook hierdie ster raaksien!
Geniet dit, Justin! Ons is baie trots op jou.