)

DF Malan onder-neem uittog na Zambië

‘n Groep van 13 Dee-Effers en 2 oud-Dee-Effers, onder leiding van mej. C. Wepener, onder-neem weer vanjaar die opwindende uittog na Zambië vir die Zambië-gemeenskapsavontuur 2018.

Die groep besoek die gemeenskapsopleidingssentrum van Foundation for Cross-Cultural Education in die Masaiti distrik in die Copper-belt area van Zambië. Besoek gerus www.fce.org.za vir meer inligting. Hier ondersteun die groep die aktiwiteite van FCE op vele praktiese maniere. ‘n Hoogtepunt is ‘n besoek en oorslaap in die omliggende dorpies en skakeling met FCE se skool se leerders – in die skool en by hulle huise. Dit gee vir die groep ‘n unieke perspektief op die leefwereld van die kinders van daardie omgewing en dien altyd as ‘n geleentheid vir refleksie op die Dee-Effers se kultuur en alledaagse bestaan. Op die terugtog doen die groep die asemrowende Victoria-waterval aan en span op die oewer van die Zambezi-rivier uit vir twee aande.

Foto:

Agter (v.l.n.r): Kara Engelke, Dian Schoeman, Barry Vorster, Kaleb Ackerman, Christo Kruger, Julia Roelofse en me. Celesté Wepener.

Voor (v.l.n.r.): Gina-May Venter, Anzel Pauw, Shae Barnes, Liza Hugo, Laura Beaumont en Ria Hiemstra.

Awesig: Meeke Henn, Alexander du Plessis en Michiel Bester.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal