‘n Groep van 13 Dee-Effers en 2 oud-Dee-Effers, onder leiding van mej. C. Wepener, onder-neem weer vanjaar die opwindende uittog na Zambië vir die Zambië-gemeenskapsavontuur 2018.
Die groep besoek die gemeenskapsopleidingssentrum van Foundation for Cross-Cultural Education in die Masaiti distrik in die Copper-belt area van Zambië. Besoek gerus www.fce.org.za vir meer inligting. Hier ondersteun die groep die aktiwiteite van FCE op vele praktiese maniere. ‘n Hoogtepunt is ‘n besoek en oorslaap in die omliggende dorpies en skakeling met FCE se skool se leerders – in die skool en by hulle huise. Dit gee vir die groep ‘n unieke perspektief op die leefwereld van die kinders van daardie omgewing en dien altyd as ‘n geleentheid vir refleksie op die Dee-Effers se kultuur en alledaagse bestaan. Op die terugtog doen die groep die asemrowende Victoria-waterval aan en span op die oewer van die Zambezi-rivier uit vir twee aande.
Foto:
Agter (v.l.n.r): Kara Engelke, Dian Schoeman, Barry Vorster, Kaleb Ackerman, Christo Kruger, Julia Roelofse en me. Celesté Wepener.
Voor (v.l.n.r.): Gina-May Venter, Anzel Pauw, Shae Barnes, Liza Hugo, Laura Beaumont en Ria Hiemstra.
Awesig: Meeke Henn, Alexander du Plessis en Michiel Bester.