Netbalskeidsregters – Hoër Meisieskool Oranje kan met trots aankondig dat elf van hul leerders geskiedenis gemaak het. Hulle is Oranje se heel eerste baanbrekers wat as netbalskeidsregters op die baan opgetree het!
Na maande se voorbereiding het hierdie pioniers onlangs hul vlak 1-eksamen geslaag en sommer dadelik hul eerste wedstryde hanteer. Hulle neem nou verantwoordelikheid in Stadsliga-wedstryde en interskole-kragmetings. Dit is ’n groot mylpaal vir jong skeidsregters wat hul merk wil maak.
Die groep wat as Netbalskeidsregters optree is:
- Erika Reynolds
- Jana Geldenhuys
- Héloise van Deventer
- Savanah Olivier
- Shirien Fernandez
- Elri de Waal
- Miné Ernst
- Kayli Claassen
- Duné van Niekerk
- Sistine van Pletzen
- Susette Botha.
Die drie ervare mentors wat hulle begelei is:
- Mev. Mioné Marais,
- Me. Minette Terblanche
- Mev. Christine Hugo
Hulle is almal gesoute skeidsregters in die Vrystaat wat hul kennis en passie met die nuwe generasie deel.
Met hierdie prestasie wys Oranje se leerders dat hulle nie net spelers van formaat is nie, maar ook leiers wat die spel kan bestuur. ’n Ware inspirasie vir ander jong sportliefhebbers!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








