ATKV Redenaars. Baie geluk aan Tahlia (gr. 9) en Kenia Muller (gr. 11) wat met hul uitstekende redenaarsvaardighede deurgedring het na die semi-finalerondte van die ATKV Redenaarskompetisie, wat op 22 Mei 2026 plaasvind.
Dit is ’n groot prestasie en ’n bewys van harde werk, toewyding en talent. Ons weet julle gaan Hoërskool Hoopstad met trots verteenwoordig en die gehoor inspireer met julle woorde.
Hoopies is baie trots op julle! Hou aan glo in julle stemme en die krag van taal – die hele skoolgemeenskap staan agter julle!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








