Jens Netbaltoernooi. Nie eens die uitmergelende Bosveld-hitte kon die Hoekies keer nie — hul spanne het witwarm netbal gespeel en die toernooi oorheers!
🏆 Skool van die Toernooi: Hoërskool Driehoek o/16 speler is aangewys as die speler van die Toernooi: Beonay Fisher — baie geluk, Beonay!
🥇 Medalje-oes:
- Goud: o/15 A, o/15 B, o/16 A, o/19 B
- Silwer: o/14 B, o/17 A, o/19 A
- Brons: o/14 A, o/17 B
Met 9 van Driehoek se 10 spanne wat in medalje-posisies eindig, is dit ’n prestasie wat Hoekies se harte met trots vul.
’n Groot dankie aan elke speler, afrigter, beampte en ouer — julle toewyding en ondersteuning het hierdie ongelooflike sukses moontlik gemaak.





Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









