Belgotex Hokkietoernooi. Uppie 1ste dogters hokkiespan skitter by Belgotex-toernooi.
Hoërskool Upington se 1ste span hokkie dogters het hul merk gaan maak by die Belgotex-toernooi in Kaapstad. Wat hierdie span besonders maak, is nie net wat op die telbord gebeur nie, maar die manier waarop hulle speel — met vasberadenheid, trots en ’n diep liefde vir mekaar en vir Uppies.
Elke wedstryd is met karakter, deursettingsvermoë en ware spanwerk aangepak. Hulle het gewys wat dit beteken om met ’n Uppie-hart te speel: om nooit op te gee nie, om mekaar op te tel en om elke geleentheid met passie aan te gryp.
Baie geluk aan Joane Nortjè en Dricky Pietersen wat as Player of the Match aangewys is — Joane teen Outeniqua en Dricky teen Stellenberg. Julle harde werk en impak op die veld spreek vanself.
Uppies is ongelooflik trots op julle, meisies! Julle verteenwoordig Uppies met klas, gees en ’n trots wat verder strek as net die hokkieveld.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











