SA Vlak 2 Swemkampioenskappe. Baie geluk aan Aila van Biljon, skitterende swemmer van Fichies wat van 30 Maart tot 1 April aan die SA Vlak 2 Swemkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem het. Sy het met ongelooflike vasberadenheid en talent die volgende puik prestasies behaal:
- 100m vryslag: 1ste
- 200m vryslag: 1ste
- 50m borsslag: 3de
- 100m borsslag: 3de
- 200m borsslag: 2de
Fichies is uiters trots op jou, Aila – jy is ’n inspirasie vir jou span en jou skool! 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









