ASA Kampioenskappe. 🏆 Hoërskool Outeniqua blink! Goud vir Tatyana Viljoen!
By die ASA Kampioenskappe het Tatyana Viljoen die dogters o.18-paalspring oorheers met ’n asemrowende hoogte van 3,59m. Met dié prestasie bring sy die goue medalje huis toe en skryf haar naam in die rekordboeke van Outeniqua se sportgeskiedenis.
George en die Kwaggas is trots op jou, Tatyana – jy bewys dat deursettingsvermoë, talent en harde werk tot groot hoogtes kan lei! 🌟
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











