Infinity Gala – Hoërskool Outeniqua het die naweek van 30 Januarie tot 1 Februarie 2026 deelgeneem aan die Infinity Gala. Vier Kwagga-swemmers het deelgeneem aan die Infinity Gala, wat in Gqeberha by die Newton Park-swembad plaasgevind het.
Teen sterk kompetisie van topklubs regoor die land het die Kwaggaspan hul staal gewys en puik uitslae behaal.
Die uitslae was as volg:
Sian Kleynhans (15 jaar & Ouer)
- 9 Items, 1 Finale
- Beste plasings: 6de, 9de, 10de, 12de, 13de, 14de en 17de plekke
- 2 Persoonlike Beste Tye (PB’s)
Milan Coleman (14 jaar)
- 8 Items
- Hoogtepunte: 3de, 4de, 5de (x2), 6de & 7de (x3) plekke
- Ongelooflike 7 PB’s
Miane Cronje (14 jaar)
- 6 Items, 2 Finales
- Prestasies: 2de, 4de (x2), 5de (x2) en 6de plekke
- 4 PB’s
Alice Esterhuyse (14 jaar)
- 6 Items, 2 Finales
- 1ste plek
- 5 x 2de plekke
- 1 x SANJ kwalifiserende tyd
’n Kwagga-juig!
Hoërskool Outeniqua is ongelooflik trots op hierdie vier swemmers wat met soveel passie en vasberadenheid die Kwagga-naam hoog gehou het. Julle harde werk en deursettingsvermoë inspireer die hele skoolgemeenskap.
Wat lê voor?
Nou wag die Swem Suid-Afrika galas in Maart/April 2026, waarvoor baie van die swemmers reeds gekwalifiseer het. Sterkte met die laaste bietjie intense voorbereiding, die seisoen se hoogtepunt is om die draai!
Kwagga trots, Kwagga krag!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








