Noordheuwel Top 15 Atletiek – Die Noordheuwel Top 15 Atletiebyeenkoms is jaarliks een van die mees gesogte hoogtepunte op die atletiekkalender. Slegs die beste 15 atlete van Hoërskool Linden kry kans om hul talente te meet teen top-presteerders. Bykans 60 skole neem deel aan die Noordheuwel Top 15 Atletiekbyeenkoms. Hierdie Atletiekbyeenkoms weerspieël die ware toets van krag, spoed en uithouvermoë.
Die keuring van atlete geskied streng volgens die ASA-puntetabel en spesifieke regulasies. Dit beteken dat elke deelnemer hul plek met harde werk en uitmuntende prestasie verdien.
Hoërskool Linden se trotse verteenwoordigers vir 4 Februarie is:
O.14
- Leilah Ferreira: 100m & Verspring
- Jayden Carlse: 100m & Gewigstoot
- Reuben Krisch: Korthekkies & Verspring
O.15
- Christie van der Merwe: 200m & Spiesgooi
- Elmi Wolff: 800m & 1500m
- Dieter Swanepoel: Gewigstoot & Diskus
O.16
- Nikay Greyson: 400m & 800m
- Mia van der Poel: 800m & 1500m
- Ameri Botha: Hoogspring & Verspring
- Divan Ferreira: 100m & 200m
O.17
- Ané de Jager: Spiesgooi & Gewigstoot
- Divan Swanepoel: Diskus & Gewigstoot
O.19
- Uné van den Berg: Diskus & Gewigstoot
- Jordan Welle: Diskus & Gewigstoot
- Jeandry Opperman: 100m & Korthekkies
Baie geluk en sterkte aan elkeen van hierdie atlete! Julle dra die naam van Hoërskool Linden met trots. Hoërskool Linden weet dat julle die baan en veld met glans gaan verower.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








