Prestasies op Nasionale Krieketveld. Geen keer aan Mieke op nasionale vlak!
Hoërskool Kemptonpark vier Mieke van Voorst se nasionale glorie! Hoërskool Kemptonpark is ongelooflik trots op Mieke van Voorst, wat haar naam met krag en styl op die nasionale krieketveld gevestig het.
✨ By die SA o/19 Provinsiale Toernooi het sy die hoogste eerbewyse ingepalm:
- Beste Kolwer
- Beste Veelsydige Speler
- Beste Algehele Speler van die Toernooi
Mieke natuurlike leierskap het verder geblink toe sy aangestel is as Kaptein van die SA Skole o/19-span.
By die o/19 Vroue Trireeks het Mieke die krieketwêreld verstom:
- Speler van die Wedstryd in die finaal
- Speler van die Reeks met ’n indrukwekkende kolfgemiddeld van 55 lopies
Met haar konsekwentheid, leierskap en wedstryd-wenvermoë het Mieke haar plek verseker as een van die voorste jong vrouekrieketspelers in Suid-Afrika. Sy dra die trots van haar skool, provinsie en land met integriteit en passie.
🎉 Baie geluk, Mieke! Jou prestasies laat die hele Kempies-familie se harte klop van trots.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









