TUT Top 14 Atletiek. Tydens die gesogte TUT Top 14 Atletiekbyeenkoms het Hoërskool Sentraal se atlete uitstekende prestasies behaal:
- Jayden Parkin het ’n eerste plek in die 110m hekkies verower.
- Mienka de Kock het ’n derde plek in die 400m sowel as die 100m hekkies behaal.
- Anje de Kock het ’n derde plek in die 90m hekkies en ’n vierde plek in die 300m hekkies verwerf.
👏 Hartlik geluk aan hierdie drie atlete wat die Tralies met trots verteenwoordig het!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










