Nasionale Wetenskappe-olimpiade. Potchefstroom Gimnasium vier uitnemendheid.
Baie geluk aan Armand Kotze en Hannes van Romburgh wat landswyd vyfde geëindig het in die nasionale Wetenskappe-olimpiade.
- Armand het hierdie merkwaardige prestasie in Lewenswetenskappe behaal.
- Hannes het in Natuurwetenskappe uitgeblink.
Die Gimmies is uiters trots op dié seuns se harde werk, deursettingsvermoë en akademiese uitnemendheid. Julle hou die naam van Potchefstroom Gimnasium hoog en dien as inspirasie vir elke leerder wat streef na uitnemendheid.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











