Aspire o.18-krieketspan. Hoërskool Fichardtpark het onlangs geskiedenis gemaak toe een van hul eerstespan-krieketspelers, Jaden Geldenhuys, die kans gekry het om internasionaal te speel in die glinsterende stad Dubai. Jaden se deelname as kaptein vir twee wedstryde vir die Aspire o.18-span is beslis iets om trots op te wees. Om teen internasionale opponente soos Japan se nasionale o.18-span en verskeie krieketakademies in Dubai te speel, gee nie net waardevolle ervaring nie. Dit bewys ook dat hy ’n sterk leierskaprol kan vervul.
Jaden se kolfgemiddeld van 31 lopies in sulke toernooie is ’n baie goeie prestasie en toon sy konsekwentheid en talent. Vir die jong spelers was dit nie net ’n sporttoernooi nie, maar ’n lewensveranderende ervaring wat hulle vir altyd sal onthou.


Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










