)

Swemspan oorwin in Durban – Hoër Meisieskool Oranje

Swemspan oorwin in Durban – Hoër Meisieskool se swemspan het die naweek geswem na ‘n oorwinning in Durban.

Oranje se swemspan het Sondag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer die gesogte Curro Aqua Elite Gala in Durban te wen. Sedert hul debuut in 2023, waar hulle derde geëindig het, het die span elke jaar met ’n plek verbeter. En hierdié jaar het hulle uiteindelik bo uitgekom!

Die gala het van die land se beste skole bymekaar gebring, maar Oranje se swemmers het met vasberadenheid, talent en spanwerk die water oorheers. Die span se groei en toewyding het duidelik vrugte afgewerp.

Uitblinkers aan die medaljefront:

  • Meandri de Vos: 2 goud, 3 silwer, 1 brons
  • Emma Pretorius: 2 goud, 2 silwer
  • Leandi Prinsloo: 1 goud, 5 silwer, 1 brons
  • Ashleigh de Jager: 1 goud, 1 silwer
  • Ané Snyders: 1 silwer, 1 brons
  • Zenicke van Schalkwyk: 1 silwer
  • Lika Zietsman: 1 silwer
  • Danielle Harbron: 1 brons
  • Diané Munro: 1 brons

Elke swemmer het ’n sleutelrol gespeel in die span se sukses, en hul prestasies is ’n bewys van die harde werk wat agter die skerms ingaan. Oranje se oorwinning is nie net ’n sportprestasie nie, maar ’n viering van deursettingsvermoë en trots.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal