“Champ of champs.” 🏆 Primêre Meisieskool Oranje stap weg as die “Champ of Champs”!
Die o.13A-hokkiespan van Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het hul liga met glans gewen! Sodoende het die span gekwalifiseer vir die gesogte “Champ of Champs”-toernooi wat onlangs in Potchefstroom plaasgevind het. Die span het vyf wedstryde gespeel en onoorwonne deurgedring tot in die halfeindronde.
In die semifinaal het Oranje met ’n sterk vertoning Northmead met 2–0 geklop en hul plek in die eindstryd verseker. Die finaal teen Menlopark was ’n spanningsvolle kragmeting, maar Oranje het vasgebyt en met ’n 2–1 oorwinning as toernooiwenners weggestap!
🎉 Baie geluk aan die talentvolle dogters, Mnr. Gys van Schalkwyk en Mev. Engela le Roux met hierdie uitsonderlike prestasie! ’n Spesiale dankie ook aan Mevv. Adrie Albertyn en Anita Fourie wat die span tydens die toer ondersteun het.
Oranje is super trots op julle! 🐥


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









