Con Spirito – Die talentvolle Janien Müller, leerder van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn het die kunswêreld behoorlik laat regop sit. Haar uitsonderlike deelname aan die provinsiale rondte van Con Spirito het gewys sy het kuns in haar bloed! Sy het met vyf indrukwekkende kunswerke meegeding. Sy is vir elkeen beloon met ’n glansryke A+++ gradering. Haar punte was 95%, 95%, 96%, 96% en ’n asemrowende 97%!
Wat dié prestasie nog meer besonders maak, is dat Janien tydens die Con Spirito as Itemwenner aangewys is in al vyf die kunsmediums.
- Waterverf
- Houtskool
- Kleurpotlood
- Gryspotlood
- Gemengde Medium
Hierdie prestasies is nie net ‘n weerspieëling van haar tegniese vaardighede nie, maar ook van haar kreatiwiteit en toewyding aan die kuns.
Die volgende stap? Janien se werk is gekies om voort te gaan na die nasionale Forte-rondte in Augustus 2025 – ’n geleentheid wat haar kreatiewe uitnemendheid op ’n nog groter verhoog sal plaas.
Die Gimmies-familie bars van trots en hou haar met ’n hart vol opgewondenheid dop.
Sterkte, Janien, ons weet jy gaan weer wondere verrig!



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor









