SA Nasionale Skole Netbalkampioenskap. 🏐 Oranje se o.13A-netbalspan blink uit op nasionale vlak!
Primêre Meisieskool Oranje se o.13A-netbalspan het 25 en 26 Julie aan die SA Nasionale Skole Netbalkampioenskap in Pietersburg deelgeneem. Die span het met glans presteer — hulle is amptelik 8ste in Suid-Afrika!
Die span het merkwaardige wedstryde gespeel:
- Wen teen Oranje Noord (9–6)
- Verloor teen Chelsea (3–7)
- Wen teen Iguguletho (14–4)
- Wen teen Saxonsea (11–5)
- Wen teen Zibkwane (18–3)
Na ‘n indrukwekkende vertoning op dag 1, eindig Oranje eerste in hulle poel en dring deur na die top 16-uitkloprondte:
- Wen teen Glenwood (10–6)
- Verloor teen Ribeeckstrand (6–10)
- Verloor teen Fairland (4–10)
- Verloor teen Vastrap (6–8)
Die dogters het met vasberadenheid en passie gespeel. Die kwaliteit van netbal was uitmuntend en baie wedstryde was bloedstollend spannend!
👏 Baie geluk aan elke speler wat haar hart uitgespeel het, en ’n groot dankie aan:
- Mev. Natasja Geyer (afrigter)
- Mev. Marida Myburgh (skeidsregter)
- Mev. Chandriné Jones (spanbestuurder)
- Juf. Adrie (skoolhoof) wat saam getoer het
- En natuurlik, al die ouers wat hul dogters met soveel geesdrif langs die baan ondersteun het!
Om in die top 8 in die land te eindig is ‘n fenomenale prestasie. Bloemfontein is ongelooflik trots op elke Oranje-dogter asook die toegewyde juffrouens! 🐥



Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








