Jong Netbalsterre Maak Geskiedenis – Foto: Die o.18 Kaapse Wynlandspan vier hul goue oorwinning. ’n Bewys van harde werk, toewyding en trots.
Hoër Meisieskool Bloemhof se jong netbalsterre het geskiedenis gemaak tydens die vakansietoernooie.
Bloemhof se netbaltrots het tydens die vakansie ’n merkwaardige indruk gemaak op nasionale én distrikvlak. Verskeie spelers is gekies om hul provinsie en distrik te verteenwoordig en het hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
All Ages-toernooi – Wes-Kaapspanne blink uit
Spelers het teen die land se bestes mekaar die stryd aangesê, met indrukwekkende uitslae:
- Annemie du Plessis (o.14 Oaks) – Derde
- Mila-Mari Bolz (o.14 Ceders) – Sewende
- Dalinda Nel (o.15 Oaks) – Vyfde
- Lisa Steenkamp (o.16 Cedars) – Negende
- Tachin Adams (o.17 Cedars) – Derde
- Nell Basson (o.18 Cedars) – Eerste
- Mariaan Bruwer (o.18 Willows) – Sewende
Baie geluk aan die o.18 Wes-Kaap Cedars wat goud losgeslaan het!
Interdistriktoernooi – Kaapse Wynlande-sterre op die podium
Die jong netbalsterre van Bloemhof het geskiedenis gemaak tydens die Interdistriktoernooi. Hulle talent was duidelik te sien in die Kaapse Wynlandspanne.
Die uitslae was as volg:
- o.14: Minki Human & Nikki Janse van Rensburg – Tweede
- o.16: Mi-Ly van der Merwe & Lilah Meyer – Tweede
- o.17: Lia Kotze – Derde
- o.18: Mila Bester & Simoné Dry – Eerste
Simoné Dry het haar uitsonderlike vaardighede verder ten toon gestel by die Telkom Netball Challenge, waar sy die o.18 Wynlandspan gehelp het om ’n sterk derde plek te verseker.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








