)

SA o.20 Netbalspan – Hoër Meisieskool Oranje

SA o.20 Netbalspan – Marianne Louw van Hoër Meisieskool Oranje blink uit ondanks ‘n besering. Hoewel sy volgende maand nie in aksie op die netbalbaan sal wees nie, dra Marianne Louw (gr. 12) steeds trots die groen en goud van Suid-Afrika. Sy is onlangs gekies vir die SA o.20 netbalspan wat aan die Afrika Streek 5-Jeugspele in Namibië gaan deelneem.

Ongelukkig het ’n skouerbesering haar seisoen kortgeknip en sal sy nie speel nie. Marianne bly egter deel van die span – ’n bewys van haar talent en waarde as spanmaat.

Hierdie prestasie is net die jongste hoogtepunt in haar merkwaardige netbalreis. Sy was in 2023 en 2024 onderskeidelik gekies vir die SA o.16- en o.17-spanne. Verlede jaar tydens die Nasionale o.17-kampioenskap is sy as Speler van die Toernooi aangewys.

Daar is egter nog ‘n kersie op die koek vir haar. Marianne het ook ’n plek in die Mangaung o.21-span verower. Hulle gaan in Desember aan die nasionale kampioenskap deelneem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal