Hokkietoernooi wenners – Hoër Meisieskool Oranje se o.18B-hokkiespan het as die Union High se Hokkietoernooi wenners geseëvier. Dit het plaasgevind in Graaff Reinet. Daar was agtien spanne wat aan die Hokkietoernooi deelgeneem het.
OMS het 34 doele aangeteken en net 3 afgestaan.
Die Union High hokkietoernooi se uitslae was as volg:
- Wen 4-1 teen Pearson High School ll
- OMS wen 11-0 teen Riebeek College Girls’Secondary I
- Hulle wen 5-0 teen Volkskool Graaff-Reinet I
- Teen Cradock 1 wen hulle 10-0
- In die halfeind wen OMS 2-1 teen Hoërskool Fichardtpark
- Tydens die eindstryd wen OMS 2-1 teen Hoërskool Sasolburg
Tydens die St Mary’s Kloof hokkietoernooi in Durban het die o.16A’s sewende uit twee en twintig spanne geëindig.
St Mary’s Kloof Hokkietoernooi se uitslae was as volg:
- Oranje wen 4-0 teen Hoërskool Ermelo
- OMS wen 4-0 teen Curro Hillcrest
- Teen Ashton College wen OMS 4-1.
- Hulle wen 1-0 teen St Anne’s Diocesan College Girls’ Secondary School
- Durban Girls’ College en OMS speel gelykop.
- Verloor teen Affies 0-1
- St John’s wen hulle 0-2
- In die uitskietstryd wen OMS 2-1 teen Durban Girls’ College 2-1
Die o.14A’s wedstryde is in die St John’s-hokkietoernooi in Pietermaritzburg gespeel. Oranje behaal die sewende plek uit sestien spanne.
Hulle uitslae was as volg:
- Gelykop 1-1 teen St Anne’s Diocesan College
- OMS wen 4-1 teen Hoërskool Waterkloof
- Wen 3-0 teen Hoërskool Menlopark
- In die uitskietstryd verloor Oranje 3-4 teen Affies
- Oranje verloof 4-5 teen St Anne’s Diocesan College in die uitskietstryd
- Hulle wen 4-1 teen The Wykeham Collegiate
Anke Greyling (o.14A-hokkiespan) is as die Doelskieter van die Toernooi op die St. John’s-toernooi in Pietermaritzburg aangewys.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien









