SA Nasionale Tweekamp Kampioenskap – By Hoër Meisieskool Oranje doen hulle dinge sommer maklik twee op ’n slag, net soos in tweekamp waarin gehardloop en geswem word.
Leandi Prinsloo, ‘n graad 8 leerder, van Hoër Meisieskool Oranje het ‘n brons medalje verwerf by die SA Nasionale Tweekamp Kampioenskap. Sy het verlede Saterdag uit 54 deelnemers in Oudtshoorn derde plek in die o.15 ouderdomsgroep behaal.
Leandi Prinsloo het die eerste Oranjeniet in 8 jaar geword om ’n podiumplek te behaal.
In die o.17-afdeling met 55 atlete, het Emma Pretorius sesde geëindig. Marnè van Rensburg was tiende en Ané Snyders twaalfde.
Mizan Viljoen, wat ‘n silwer medalje in o.19 in 2017 behaal het, was die laaste Oranje-leerder om op die SA’s ’n medalje te verower.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








