Akademie Jeuguitruilprogram. Amé Pienaar, leerder van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, was in Duitsland waar sy deelgeneem het aan die Duitse Akademiese Jeuguitruilprogram. Tussen November 2024 en Januarie 2025 het Amé die geleentheid aangegryp om die Duitse kultuur, taal en lewenswyse van nader te leer ken.
Amé het ‘n skool bygewoon wat nie slegs haar Duitse akademiese vaardighede verbeter het nie, maar ook vir haar die geleentheid gebied het om waardevolle vriendskappe te smee.
Sy was ‘n trotse ambassadeur vir haar gesin, Afrikaanse Hoër Meisieskool en Suid-Afrika.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








