)

Carl Roothman wen Masters TennisTitel in Potchefstroom

Carl Roothman, Graad 8-leerder en Eerstespan-tennisspeler van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het verlede week uitstekende tennis gespeel deur die Growthpoint SA Junior Masters-tennistitel vir o.14-seuns in Potchefstroom te wen.

Die Masters is die gesogte nasionale tennistoernooi waar slegs die top spelers in elke ouderdomsgroep in Suid-Afrika genooi word om aan deel te neem. In die o.14-seunsafdeling was slegs die top 16 spelers in die ouderdomsgroep genooi.

Carl, die 4de gekeurde, het deur die week baie goeie tennis opgelewer en daarin geslaag om die 1ste gekeurde Devan Badenhorst van Gauteng-Noord in die finaal Sondag met 6/0 7/5 te wen.

Carl het ook vroeër vanjaar die Afrika-Beker-titel gewen en was toe aangewys as die beste o.14 seunspeler in Afrika.

Baie geluk aan Carl met hierdie pragtige prestasies.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal