)

2023 Kultuursterre skitter – Hoërskool Die Wilgers

2023 Kultuursterre skitter. Die top kultuurleerders van Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, is onlangs tydens hulle merietetoekennings aangewys – daar is erkenning gegee aan elke Wilgie wat presteer het in 2023. Die toppresteerders is ook gedurende hierdie spoggeleentheid aangekondig.

Gelukwense aan die kultuursterre:

  • Senior Kultuurdogter van die Jaar: Zanje Bodenstein (Graad 10)
  • Senior Kultuurseun van die Jaar: Jaco Koster (Graad 11)
  • Junior Kultuurdogter van die Jaar: Anushke Schutte (Graad 9)
???????????????? ???????????????????????? – ???????????????????????? ???????????????????????????????????????????? ???????????? ???????????? ????????????????

Jaco Koster het homself in 2023 onderskei en bewys as ‘n akteur wat op verskeie verhoë uitblink. Tydens die Performing Arts Community in South Africa (PACISA) se nasionale finaal, verower hy ‘n 5e plek in die Drama afdeling, Platinum vir poësie, Goud vir prosa asook Goud vir komedie. Hiervoor verdien hy erekleure. Verder op nasionale vlak, dring hy deur na die top 12 van die Nasionale Toneelspelkompetisie.

By ATKV-Tienertoneel, Aardklop Pronk Podium, Pronk Digitaal, en die FAK Allegretto Toneelfees word hy veelvuldig beloon met Goud en Silwer vir individuele sowel as ensemblespel. Jaco verskyn ook in ‘n ondersteunende rol in “Dans dat die biesies bewe” tydens die kykNET Silwerskermfees 2023.

???????????????????? ???????????????????????????????????????? – ???????????????????????? ???????????????????????????????????????????????????? ???????????? ???????????? ????????????????

In 2023 het die kollig vir Zanje gevolg en het sy, as opkomende jong Thespian, haar merk gemaak. Zanje skitter op nasionale vlak by die Nasionale Toneelspelkompetisie waar sy in die top 8 eindig. Tydens die Performing Arts Community in South Africa (PACISA) se nasionale finaal, word sy as Nasionale finalis aangewys en wen Platinum, Goud en Silwer toekennings. Vir beide hierdie prestasies ontvang sy erekleure. Sy word aangewys as naaswenner by Aardklop se Pronk Digitaal finaal waarvoor sy ook erekleure ontvang. By ATKV se Tienertoneel, Aardklop se Pronk Podium en die FAK Allegretto Toneelfees ontvang sy Goud vir spel. Sy word ook vereer met toekennings vir Mees belowende vroulike speler en Beste vroulike byspeler. Zanje se ster skitter!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hswilgers.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

FEI Jumping World Challenge – St Stithians College delighted

FEI Jumping World Challenge. Jenna jumping for South Africa – Celebrating Old Stithian Jenna Kirk. St Stithians College, Sandton, is immensely proud of Old Stithian Jenna Kirk (Class of 2025),…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal