2023 Kultuursterre skitter. Die top kultuurleerders van Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, is onlangs tydens hulle merietetoekennings aangewys – daar is erkenning gegee aan elke Wilgie wat presteer het in 2023. Die toppresteerders is ook gedurende hierdie spoggeleentheid aangekondig.
Gelukwense aan die kultuursterre:
- Senior Kultuurdogter van die Jaar: Zanje Bodenstein (Graad 10)
- Senior Kultuurseun van die Jaar: Jaco Koster (Graad 11)
- Junior Kultuurdogter van die Jaar: Anushke Schutte (Graad 9)
𝗝𝗮𝗰𝗼 𝗞𝗼𝘀𝘁𝗲𝗿 – 𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗞𝘂𝗹𝘁𝘂𝘂𝗿𝘀𝗲𝘂𝗻 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗝𝗮𝗮𝗿
Jaco Koster het homself in 2023 onderskei en bewys as ‘n akteur wat op verskeie verhoë uitblink. Tydens die Performing Arts Community in South Africa (PACISA) se nasionale finaal, verower hy ‘n 5e plek in die Drama afdeling, Platinum vir poësie, Goud vir prosa asook Goud vir komedie. Hiervoor verdien hy erekleure. Verder op nasionale vlak, dring hy deur na die top 12 van die Nasionale Toneelspelkompetisie.
By ATKV-Tienertoneel, Aardklop Pronk Podium, Pronk Digitaal, en die FAK Allegretto Toneelfees word hy veelvuldig beloon met Goud en Silwer vir individuele sowel as ensemblespel. Jaco verskyn ook in ‘n ondersteunende rol in “Dans dat die biesies bewe” tydens die kykNET Silwerskermfees 2023.
𝗭𝗮𝗻𝗷𝗲 𝗕𝗼𝗱𝗲𝗻𝘀𝘁𝗲𝗶𝗻 – 𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿 𝗞𝘂𝗹𝘁𝘂𝘂𝗿𝗱𝗼𝗴𝘁𝗲𝗿 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗝𝗮𝗮𝗿
In 2023 het die kollig vir Zanje gevolg en het sy, as opkomende jong Thespian, haar merk gemaak. Zanje skitter op nasionale vlak by die Nasionale Toneelspelkompetisie waar sy in die top 8 eindig. Tydens die Performing Arts Community in South Africa (PACISA) se nasionale finaal, word sy as Nasionale finalis aangewys en wen Platinum, Goud en Silwer toekennings. Vir beide hierdie prestasies ontvang sy erekleure. Sy word aangewys as naaswenner by Aardklop se Pronk Digitaal finaal waarvoor sy ook erekleure ontvang. By ATKV se Tienertoneel, Aardklop se Pronk Podium en die FAK Allegretto Toneelfees ontvang sy Goud vir spel. Sy word ook vereer met toekennings vir Mees belowende vroulike speler en Beste vroulike byspeler. Zanje se ster skitter!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf