2023 ATKV-Redenaarskompetisie. Ses redenaars van Hoërskool Cradock het aan die 2023 ATKV-Redenaarskompetisie te Gqeberha deelgeneem.
Van die ses leerders wat deelgeneem het, is twee leerders, Ineke van der Merwe en Liané van der Walt, gekies om deur te gaan na die tweede rondte op 20 Mei in Gqeberha. Hoërskool Cradock is trots op Ineke en Liané, sowel as Almae Willard, Fatimah Bosch, Richelle Jansen van Rensburg, en Truby Willard wat hul toesprake in rondte een met passie gelewer het en die gehoor hewig beïndruk het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf