)

Xanthé fondsinsamelingsprojek – Jeandré Krafft se droom bewaarheid

Xanthé fondsinsamelingsprojek. Jeandré Krafft, graad 10 by Hoërskool Nelspruit, se droom om beter te kan sien, is tydens ‘n onlangse saalopening bewaarheid. Hy het ‘n baie spesiale bril van mnr. Morné van der Merwe (Nelliehart-voog) en Xanthé Jacobs (Gr.10-Nelliehart-verteenwoordiger) ontvang.

Jeandré is met Stargardt se siekte gediagnoseer. Hy sukkel geweldig baie om te lees. Sy uitdagings om in ‘n gewone skoolopset te funksioneer was vir hom daagliks ‘n enorme struikelblok.

Stargardt’s is die mees algemene vorm van jeugdige maculêre degenerasie wat een uit 10 000 mense affekteer. Hierdie  genetiese oogsiekte affekteer die sentrale visie. Die enigste opsie vir Jeandré is om ‘n baie spesiale bril te gebruik.  Voordat hy die bril ontvang het, het hy foto’s geneem van die vergrote klaswerk met sy tablet wat hy dan maksimaal vergroot. Hy het net beperkte sig in sy linkeroog en die regteroog sien slegs ‘n swart kol.

Jeandré se Nellie-hart klasverteenwoordiger, Xanthé Jacobs, het hierdie nood en daaglikse stryd in eie geledere raakgesien.Sy het die skoolbestuur om hulp gevra.  Een van die waardes van Hoërskool Nelspruit – “NHS gee om” – word hier konkreet uitgeleef.

Xanthé het in 2020 met die fondsinsamelingsprojek begin en het R135 000 ingesamel. Dit was genoeg om dié gesofistikeerde tegnologiese wonderwerk te koop.

Nou is Jeandré gereed om wiskunde aan te pak. “Ek is baie dankbaar vir die bril! Dit  maak ‘n groot verskil,” sê Jeandré. “Ek kan selfs op die bord sien!”

Foto links: Hier ontvang Jeandré Krafft sy bril van Xanthé Jacobs. Foto regs: Hier is Jeandré Krafft in die wiskundeklas met sy bril

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal