Swem – Swemmers van Bethlehem Voortrekker Hoërskool in Bethlehem het op 4 Februarie deelgeneem aan die Biathlé-ligabyeenkoms.
Die item vereis van deelnemers om te hardloop, swem en weer te hardloop.
Die volgende swemmers het uitstekend gevaar.
Seuns 0/19 – Eerste plek. Keanu Fourie, 15:47:69.
Seuns 0/15 – Eerste plek. Kerneels Jansen van Rensburg 09:37:94
Trekkertrots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za