WP/Wynland Junior Toutrekkampioenskappe. Die Arende het Saterdag hoog gevlieg met vier WP-titels! Die afgelope Saterdag, tydens die WP/Wynland Junior Toutrekkampioenskappe, het Hoƫrskool Strand se toutrekkers uitstekend presteer! 164 Spanne en meer as 700 toutrek-atlete het deelgeneem. Vier spanne van die Arende kon daarin slaag om as 2022 WP kampioene aangewys te word.
Maklik was dit beslis nie. Te midde van naelbyt oomblikke en emosies wat hoog geloop het, is ondersteuners getrakteer met van die beste en taaiste toutrek-aksie van die seisoen. Vanuit ān Arend-oogpunt was die verrassing van die dag die twee ligter spanne (440kg en 480kg) wat almal verras het en as WP kampioene weggestap het
Die onoorwonne 520kg gemengde span van die Strand moes ontsettend hard werk en diep delf om in skoon trekke die WP-titel weg te raap van die gedugte Jan Kriel-span. Daarna, met die laaste twee gewigsgroepe van die dag, het die 560kg seunspan ook HoĆ«rskool Strand se vierde WP-titel van die dag verower. Die meisies se 480kg span het ān baie goeie algehele vierde plek behaal. Hulle kon net-net nie daarin kon slaag om ook as WP kampioene gekroon te kon word nie.
Plaatspanne
Nog ān verblydende faktor was die uitstekende wyse waarop HoĆ«rskool Strand se Plaatspanne gevaar het met die 560kg en 600kg spanne wat onderskeidelik silwer en goue toekennings ontvang het. Netso het die ontwikkelingsarm van HoĆ«rskool Strand se ākaalvoeteā (laerskool toutrekkers) uitstekend presteer deur ook drie brons medaljes in te palm.
Die opgesomde uitslae is soos volg:
- 480kg seuns brons medalje met WP kleure
- 440kg seuns 4de met WP kleure
- 520kg A gemeng 5de met WP Kleure
- 520kg B gemeng nie gekwalifiseer vir uittrek rondtes nie
- 560kg seuns 4de met WP kleure
- 480kg mesies 4de plek
- 560kg seuns Plaat silwer sertifikaat
- 600kg seuns Plaat goue sertifikaat
- 440kg meisies 5de plek
- 520kg meisies onder eerste agt
Noudat al die provinsiale kampioenskappe regoor die land afgehandel word, skuif die klem nou na finale afronding en oefenkampe met die oog op die SA Junior Toutrekkampioenskappe wat oor minder as 2 weke plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf