WP Damesrugby. Auschka Ekron is ‘n leerder van Hoërskool Strand in die Wes-Kaap. Sy het gedurende die afgelope vakansie vir die WP damesrugby O.19 span aan die Suid-Afrikaanse damestoernooi deelgeneem.
Die span se uitslae was soos volg: Westelike Provinsie klop die Oostelike Provinsie met 36-0 en die Haaie met 61-0.
Na afloop van die toernooi is Anuschka ook vir die o.19 dames Bokkekamp gekies, wat vanaf 7 tot 14 Julie plaasgevind het.
Shai-Lynn Ekron van Hoërskool Strand het ook vir die O.15 WP-span aan die nasionale toernooi deelgeneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf