WOW Spelfees. Vyf leerders van Primêre Skool Naudeville in Welkom het 29 Augustus deelgeneem aan die WOW-spelfees. Die Spelfees is in Kroonstad aangebied. Ignus Maritz, Menishia Heyneke en Abigail Dicks is in graad 7. Aiden Schoeman en Bernice Steyl is in Graad 6. Hulle is deur na die volgende rondte. Dit word in Bloemfontein aangebied op 14 September.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf