Leerders van die Primêre Skool Worcester het presteer in die Spur Schools Mountain Bike League. Op 5 Augustus het 3 van ons gr.7-leerders deelgeneem aan die Spur Schools Mountain Bike League.
Op die foto bo:
Van links na regs: Pierre Trotzky het ‘n 6de plek behaal, Marco Meyer ‘n 10de plek en Wazeer Isaacs ‘n 1ste plek. Hul het ook op 26 Augustus 2017 deelgeneem waar Wazeer ‘n 6de plek behaal het en Marco ‘n 11de plek. Hul neem weer die 16de September 2017 aan die finaal deel.