Worcester Gimnasium se rugbyspelers, Uchean Jacobs, Ghidian van Rheenen, Dunstan Cloete Wayne Plaatjies, Brain Zake, Lucian Abrahams en Phillip Basson gaan die Boland verteenwoordig in die 2019 SARU o.16 en o.18 rugbyweke.
Die o.18 Akademie en Cravenweek vind plaas vanaf 1 – 5 Julie te Grey Kollege, Bloemfontein, en die o.16 Grant Khomoweek vanaf 24 – 28 Junie te Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier, Mpumalanga. Mnr Jeff Fransman is ook gekies as voorspelerafrigter vir die o.16 Grant Khomo-span.
Vlnr: Uchean Jacobs, Ghidian van Rheenen (o.16 Grant Khomo), mnr Jeff Fransman), Dunstan Cloete (o.16 Grant Khomo) en Wayne Plaatjies o.18 Cravenweek.
Inlas links: Brain Zake en regs Lucian Abrahams o.18 Akademie.
Afwesig Phillip Basson (o.16 Grant Khomo)