Worcester Gimnasium se graad 8 spanredenaars, Alexa Viljoen, Carina van der Vyver, Kristen Boshoff en Danielle du Toit, verwerf 98,4% tydens hul deelname aan Podiumpret.
Hulle dring deur na die finaal van hierdie kompetisie wat op 7 September by Paarl Gimnasium aangebied sal word. Tydens hierdie geleentheid gaan ‘n opname van hul toesprake vir ‘n RSG radioprogram gemaak word.
Baie geluk meisies, Bosvarke is baie trots op julle en baie sterkte vir die finale op 7 September.
Weet jull gaan die Bosvarke se naam hoog hou.