Vlnr: Mikyall Harris, Elné Joubert, Jumé Bester, mev. Elsabé Nel, Laxmini Patel en Angie Harris.
Op Maandag, 7 Oktober, het Worcester Gimnasium se redenaars hul staal gewys tydens die jaarlikse interne redenaarskompetisie. Die toesprake was van hoogstaande gehalte en het die beoordelaars beindruk. Tydens die onvoorbereide toesprake het die Gimmies gewys dat hulle op hul voete kan dink.
Die wenners is as volg:
SENIOR AFDELING: 1ste: Jumé Bester, 2de: Elné Joubert en 3de Mikyall Harris
JUNIOR AFDELING: 1ste: Laxmini Patel en 2de: Angie Harris