Worcester Gimnasium se begaafde musikant, Ying-Shan Tseng, het weereens vanjaar in haar Unisa-eksamens uitgeblink. Sy slaag haar Unisa Graad 8 klavier-eksamen met Lof 92% en 90% vir haar Unisa Graad 8 Sang-eksamen!
Sy behaal, vir hierdie uitmuntende prestasies, plek op die Ererol van Unisa en kom ook in aanmerking vir die Unisa Beurskompetisie vir beide klavier en sang wat in Oktober plaasvind.
Hierdie is werklik ‘n besondere prestasie en die Bosvarke is geweldig trots op Ying-Shan.
Welgedaan Ying-Shan. Bosvarke gaan jou beslis eendag op die werêld se bekende musiekverhoë sien!