Martin Theron, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Strand, is weereens vanjaar gekies om aan die gesogte kursus wat by die Two Oceans akwarium aangebied is, deel te neem.
Hy het die kursus die afgelope skoolvakansie bygewoon.
Daar was verskeie aansoeke van 69 verskillende skole.
Die kursus wat aangebied is, staan bekend as die “Marine Science Academy: Marine Explorer Course.” Martin het 73 persent vir die kursus behaal en ‘n silwer sertifikaat ontvang.